12.11.09

Nov 2009 Nuusbrief

Ons nooi almal hartlik uit om die Algemene Jaarvergadering en afsluiting saam te kom geniet:

Tyd: 18h30

Plek: Polisie Klub

2009 Terugblik

Veiling:

Wanneer ek terug kyk na 2009 was dit ‘n uitsonderlike jaar vir ons klub. In ‘n redelike onstuimige mark waar daar groot aanvraag na uitvoer voëls was, en harde werk was ons bevoorreg om weer op die vorige jaar sy veiling statistiek te verbeter. Ook het ons die tweede hoogste omset van die klub veilings behaal (Ringnek tellers Vereniging uitgesluit).

Voorwaar ‘n prestasie as ons in ag neem dat ons 8 jaar terug, basies van vooraf begin het met ons veiling en daar sprake was dat Kalahari dit nie gaan maak nie.

Maar die lekkerste is nog altyd die saam kuier op ons tradisionele Kalahari manier.

Klub toer:

Ek was bevoorreg om hierdie toer mee te maak. Ek wil nie veel daaroor uitwei nie, al wat ek kan sê dit was voorwaar lekker en leersaam. Die wat nie daar was nie, het ‘n besonderse naweek gemis. Hoop om meer van julle op die volgende toer te sien.

Simposium:

Dit voel soos gister toe ons ‘n besluit het om voort te gaan met die jaarlikse simposium, en nogal ‘n buiteland se spreker te nooi. Dit het weereens na ‘n waagstuk gelyk en gevoel, maar wie nie waag nie, wen nie!!! Nou is dit egter lekker om terug te kyk na nog ‘n suksesvolle naweek.

‘n Hoogte punt wat ons bereik het, wat moeilik oortref sal word, maar met die positiewe gesindheid in die klub en die ondersteuning wat die bestuur span van die lede geniet, sal ons dit weer reg kry.

Ook wil ek graag die SALV bedank vir hulle bydrae om die naweek te kon aanbied. Manfred Lohann het gesorg dat ons goeie borge kon kry- dankie Manfred.

Daar het 86 persone geregistreer. Mense het letterlik van reg oor die land gekom, Limpopo, KwaZulu Natal, Weskaap, Gauteng, Vrystaat, Noordkaap, ons eie Noordwes en Namibië.

Terugvoer rondom die naweek is baie positief en ek weet nie van een persoon wat nie beïndruk was met die spreker nie.

Die etes Vrydag- en Saterdagaand was weer eens uit die boeke. Baie dankie aan die dames vir julle onbaatsugtige hulp en bydraes, dit sal maar moeilik gaan as ons nie julle ondersteuning het nie. Ons waardeer julle!!!!!

Klub Nuus op die Web:

Ek het klub “Blog” opgestel en sal dit van tyd tot tyd met nuus en artikels op dateer. Die nuus brief sal ook daarop verskyn. Dit sal waardeer word indien diegene wat toegang het tot die internet dit vir ons sal deur gee, sodat ons minder nuus briewe kan druk en sodoende op posgeld kan spaar.

Gaan loer gerus by:

http://kalahariparrots.blogspot.com/

Voorstelle en bydrae sal waardeer word.

Indien u iets met ons klublede wil deel of inligting wil deur gee kan u dit e-pos na


kalahariparrots@gmail.com

(Ek sal later Foto's begin bysit)


Followers