7.9.10

Kalahari Lovebird Skoureëls

KALAHARI LOVEBIRD SKOUREëLS

Die skou bestaan uit 2 klasse:

KLAS A:  (Jongvoëls) 2009 en 2010

OPE KLAS:  Enige ouderdom en enige persoon se ringnommer.

VEREISTE:  ALLE INGESKREWE VoëLS MOET GESLOTE RINGE AANHê MET ‘N IDENTIFIKASIE.

PROSEDURE

1.      Almal is welkom om in te skryf.
2.      Inskrywings moet ons voor 25 Oktober 2010 bereik.
3.      Inskrywingvorms is op die blog by kalahariparrots.blogspot.com beskikbaar.
4.      Voëls wat ingeskryf is gaan deur ‘n normale (PVSA- veiling standaarde) keuring t.o.v. vere, tone en normale uiterlike vertoon.  Ringe is ‘n vereiste.  LW:  inskrywingsgelde kan nie verhaal word op afgekeurde voëls nie.  Voëls wat afgekeur is mag nie aan die skou of markdag deelneem nie, en word in veilige bewaring geplaas.
5.      Inskrywing geskied op 29 Oktober 2010 vanaf 15:00 tot klaar.
6.      Beoordeling begin op Saterdag, 30 Oktober om 8:00 tot 11:30  Geen voëlbesigtiging tydens daardie tyd.
7.      Beoordelaars se beslissings is finaal.
8.      Na afhandeling van die simposium word alle plekwenners bekendgemaak, waarna die eienaars die 1e-plek wenners se reserwepryse kan wysig as hulle wil.
9.      Na bekendmaking van die wenners is die markgeleentheid oop - gebasseer op ‘n stilveiling prinsiep.
10. Onderskeid word getref tussen skou en mark inskrywings d.m.v. verskillende kleure identifikasiekaarte op hok.
11. ‘n Persoon mag nie meer lotte vir die markgeleentheid inskryf as vir die skou nie.
12. Dit is nie noodwendig dieselfde voëls wat op die skou is wat mark toe moet gaan nie.
13. Slegs enkelvoëls word aanvaar.
14. As ‘n voël net vir die skou ingeskryf is, mag dit nie op die mark verkoop word nie, aangesien daar ‘n verskil in die inskrywingsgelde is.
15. Alle pryswenners sal ‘n sertifikaat ontvang by prysuitdeling.
16. Jou inskrywingskatalogus sal ook jou toegang tot die simposium wees.
17. Persone wat net na die simposium toe kom, betaal slegs R100 per gesin vir toegang tot die naweek se aktiwiteite.
18. Inskrywingskostes:  Skou=R30/inskrywing
                                  Stilveiling=R60/inskrywing



HOE WERK DIE STILVEILING?

Elke voël wat vir die mark ingeskryf is, het ‘n kaartjie aan die hok waarop sy reserwe en ‘n aanbod aangeteken kan word.  Die stilveiling duur 30min., wat beëindig sal word met die slaan van ‘n klok.  Daarna tree ‘n stophorlosie sisteem in werking.  Sodra die klok lui, is daar 30sek. tyd om ‘n hoër aanbod op ‘n voël te maak.  Indien daar binne die 30sek. enige bod gemaak word, begin die stophorlosie proses weer voor.  Indien daar geen verdere aanbod is nie, sluit die stilveiling.

Daarna word daar 30min. kans gegee om die rekeninge op datum te bring, waarna gewone veilings-afrekeningsreëls toegepas sal word.

NAWEEKPROGRAM

Vrydag, 29 Oktober:  15:00     inskrywings begin
                               19:00     Kalahari-ete

Saterdag, 30 Oktober:  8:00    Beoordeling begin.  Geen toeskouers   
                                            in lokaal toegelaat.
                                 9:00 –9:50    Lesing deur Dr Kingsley met
                                                     vraag en antwoord sessie.
                                 9:50 – 10:10  Breek
                                 10:10 – 11:00  Lesing met vraag en antwoord
                                 11:30   Aankondiging van pryswenners

                                 12:00   Alle 1e-prys wenners kan reserweprys
                                            aanpas as hulle wil (slegs 1e plek)
                                 12:20   Stilveiling begin
                                 18:00   Prysuitdeling en Kalahari-braai op tra-  
                                            disionele manier.

Akkommodasie:  Boereplaas Vakansie Oord  053 9274462
                        Molopo Travel Inn  083 4627266

Navrae:  Gerald  082 4934864
             Dolf   082 6603266

                                                                                             
                                                     

21.1.10

Nuusbrief Januarie 2010

Kalahari Voëlklub Nuusbrief Jan 2010

Van die Voorsitter:

Dit is vir my ‘n baie groot voorreg om vanuit die voorsitterstoel vir almal ‘n baie voorspoedige en geseënde nuwe jaar toe te wens. Eerstens wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê vir die vertroue in my gestel. Ek sal dit na die beste van my vermoë hanteer en hoop dat dit so bestuur sal word tot voordeel van die hele klub. Ek is nog kort in die voëlbedryf en daarom vra ek elkeen se raad, geduld en ondersteuning. Sonder julle is die klub niks werd nie. Help my om voort te bou op dit wat my voorgangers daar gestel het. Wees verseker dat my deur oopstaan vir ieder en elk en dat alle probleme vertroulik behandel sal word.

Baie sterkte met 2010! Mag 2010 nie net vir sy sokker onthou word nie. Maar ook as ,n besonderse jaar vir ons voëlboere

baEaba

Onthou ons Veilings datum:

27 Maart.

Gee asb jul inskrywings deur na

Dolf Cloete:

( 082 6603 266

8 dcloete@arc.agric.za

#############

Inligting

Kennisgewing:

· Ledegeld betaalbaar by Johan Swannepoel (Goal).

· Om Kostes te bespaar gaan die nuusbrief voortaan per e-pos uitgestuur word aan persone met addresse. Stuur asb. Julle inligting deur na mabulaf@lantic.net

Mutasie voëls wat nie duidelik uitkenbaar is nie wat vir die veiling aangebied word moet geseks wees

&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&

Van Uittrendende Voorsitter:

Eerstes wil ek omverskoning vra dat ek nie die vorige vergadering kon bywoon nie, ek het egter by ‘n punt gekom waar ek ‘n keuse moes maak rondom my besigheid. As gevolg van die feit dat ek tans baie wyd werk (ook in Namibië) is dit nie altyd vir my haalbaar om my verpligtinge as Klub Voorsitter doeltreffend kon uitvoer nie.

Ek was bevoorreg om vir ‘n paar jaar as Voorsitter van die Klub te dien. Die moeilikste vir ‘n Voorsitter dink ek nie is om ‘n Klub te bestuur of te lei nie, maar om elke jaar met nuwe idees en entoesiasme voort te gaan. Hoe meer jare, hoe moeiliker raak dit en dit is om hierdie rede dat ek besluit het om my nie weer verkiesbaar te stel nie. Ek sal altyd beskikbaar wees om te help en by te staan waar ek kan.

Ek wil graag almal bedank vir u ondersteuning en verdraagsaamheid, Ek weet ek het soms op tone getrap en ek wil in opregtheid verskoning vra waar ek dit gedoen het (wetend of onwetend).

Toe ek as Voorsitter oorgeneem het, was daar 13 opbetaalde lede, met die entoesiasme en positiewe gesindheid van die nuwe bestuur was ons binne ‘n jaar 63 lede wat ons op daar die stadium, naas Potch, die 2de grootste klub gemaak het.

In besonders dank aan al die bestuurslede wat saam met my die pad gestap het, dit was ’n besonderse voorreg om julle as span te kon hê. Ek wil graag vir Dolf Cloete uitsonder as Visie Voorsitter, ek glo dat ons as klub baie bevoorreg is om, volgens my, die beste Vise Voorsitter van alle klubs te hê. Dolf, dankie vir jou ondersteuning en die positiewe bydrae tot die sukses van die klub. Ook kan ek nie nalaat om my vrou, Marietha, dankie te sê vir haar onbaatsugtige en volgehoue positiewe ondersteuning nie.

Aan Gerald en Suzette, sy nuwe span: Ek is vol vertroue dat julle die regte span is en dat jy en Suzette die vermoë en entoesiasme het om die klub in ‘n nuwe era in te vat. Alle voorspoed en seën vir julle

GROETE: Albert en Marietha van Lingen.


Onthou die verkope  van Looitjies en  Lyste is beskikbaar by  Johan Swannepoel (Goal)

Followers