23.10.09

Augustus 2009 Omsedbrief

Onthou!! Onthou!!

Simposium 2009

In 2008 het die Klub besluit om ʼn Simposium te hou. Heelwat van ons lede is entoesiastiese Lovebird boere. Daar is besluit om sprekers te nooi en ook Lovebirds te bespreek, ʼn uitnodiging is aan die SALV (Suid Afrikaanse Lovebird Telersvereniging) gerig om die dag saam met Kalahari te geniet.

Ons het hande gevat en dit was ʼn suksesvolle naweek. Reeds tydens die naweek is daar deur die kuier heen gepraat dat die geleentheid ʼn jaarlikse instelling moes word.

So het dit dan gekom dat die twee Klubs besluit het om dit hierdie jaar ʼn volwaardige gesamentlike poging te maak en hierdie uitsonderlike geleentheid word aangebied teen ʼn registrasie fooi van slegs R 75.00 per persoon.

Ons is bevoorreg dat ons kan aankondig dat een van die wêreld se voorste dekundiges op die gebied van mutasies,
veral Lovebirds, nl. Dirk Van Den Abeele, Skrywer van die boek “Lovebirds – Owners manual and reference guide”,
ook die voorsitter van MUTAVI, Research & Advice Group Ornitho-Genetics.

Die verrigtinge vind plaas op Boereplaas Vakansie Oord

16 en 17 Oktober 2009, Vrydagaand en Saterdag tot laat.

Die program beloof om ʼn baie heerlike en insiggewende naweek op te lewer.

Ons wil alle belangstellendes uitnooi, onthou die naweek is nie net vir Lovebird entoesiaste nie. Elkeen wie in voëlteelt in aanhouding en mutasies belangstel moet moeite doen om die naweek mee te maak. Nooi vriend en voornemende voëlboere saam

Die program is as volg:

Vrydagaand: 17h00 tot 19h00 Identifisering deur Dirk Van Den Abeele van voëls vir uitstalling en informele kuier saam.

19h30 Tradisionele Kalahari klub ete op die huis Kontant Kroeg.

Saterdag: 09h00 Registrasie en verversings

10h00 Verwelkoming

10h15 - 11h15 1st lesing – Lovebirds algemene inleiding oor broei en aanhouding

11h15 - 11h30 Breuk

11h30 – 13h00 2de Lesing – Basiese beginsel by en die ontstaan van mutasies. Identifisering en uitkenning van Mutasies

13h00 - 14h00 Middag ete

14h00 – 15h00 Evaluering en standaarde.

15h00 – 16h30 Beoordeling en kommentaar van voëls rondom beskikbare voëls.

17h30 Groot Kalahari Kampvuur – Bring en braai, By kosse op die huis – Pap potbrood en slaai.


No comments:

Post a Comment

Followers